Nuwe bestuur vir Vineyards-krieketklub

Die Vineyards-krieketklub op Vredendal het op Woensdag, 16 Augustus, ’n nuwe bestuur gekies. Hulle is tans besig met voorbereiding vir die Boland krieket-liga wat middel Oktober plaasvind.

Volgens Maxwell Cloete, interne ouditbeampte van Matzikama Munisipaliteit en bykomende lid op die bestuursspan van Vineyards Krieketklub, is hulle vol verwagting vir hierdie nuwe uitdaging as die nuwe bestuur.

“Die bestuur sowel as die klub het groot planne en wil veral krieket op Vredendal-Noord ontwikkel, veral nou dat daar oefengeriewe op Vredendal-Noord is,” sê Cloete.

Volgens Cloete het die span ’n Namakwaland-toer na Steinkopf op Saterdag, 2 September en speel gasheer vir Okiep op Saterdag, 9 September.

“Goeie bande is oor die afgelope drie seisoene gebou met hierdie twee spanne en die klub wil dit net verder versterk,” sê Cloete.

Volgens Cloete is die spelers baie opgewonde oor die nuwe bestuurslede aangesien die bestuurslede deur die spelers in die gemeenskap gerespekteer word.

Die nuwe bestuur vir seisoen 2017/18 is as volg:  
Voorsitter: Fanna Davids
Onder-voorsitter: Louis van der Lingen
Sekretaris: Henry Smith
Tesourier: Luwenda Buirman
Trustee: Patrick Skippers
Bykomend: Maxwell Picerville Cloete & Recharlton Slinger

Die oefentye vir die klub vind elke Donderdag om 18:00 op Vredendal-Noord se sportgronde plaas, en volgens Cloete gaan hulle ook in Vredendal-Suid oefen om voor te berei vir die wedstryde.

Vineyards-krieketklub nooi enige belangstellendes om deel te word van die nuwe seisoen. Vir meer inligting kontak die klub by 071 964 4275.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?