Nuwe bestuur vir Namaqua Atletiek

Namaqua Atletiek het onlangs hul algemene jaarvergadering aangebied. Die nuwe bestuurspan vir 2019 is tydens die samekoms gekies. Die dinamiese bestuur is Elna Esterhuyse, sekretaresse, Elana Senekal, bykomende sekretaresse, Alwyn Maass, voorsitter, Sanet Calitz, ondervoorsitter, Werner Rossouw, klubkaptein, Henry Scholtz, bykomende klubkaptein, Mia van Zyl, media-skakelpersoon en Sharon Calitz, bykomende ondersteuning.

As jy belang stel om by die groep aan te sluit, kan jy Elna Esterhuyse skakel by 083 701 1316. Vanjaar se ledegeld beloop R300, wat die WPA/ASA- lisensie insluit. Die klub oefen gereeld saam en ’n hoeveelheid atlete is reeds vir wedlope ingeskryf.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?