Nog ’n sundowner op Lutzville-gholfbaan

Vrydagmiddag sal daar weer ’n sundowner-kompetisie op Lutzville se gholfbaan plaasvind.

Die kompetisie begin om 15:30. Hierdie rondte van gholf behels twee mense wat saam speel en hulle speel ’n better ball-kompetisie, dit wil sê die span van twee speel elke keer van die bal af wat op die beste plek lê op die baan.

Hierdie is heeltemal ’n sosiale spel van gholf, so wie die wenner is maak nie saak nie. Dit is ’n wonderlike manier om gholfliefhebbers lekker te laat saam speel. Moet dit nie misloop nie, gaan geniet die pret saam met Lutzville se gholfklublede.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?