Nog ’n goeie gholfrondte vir Klaas Keffers

Klaas Keffers, lid van Lutzville se gholfklub, het die naweek weer eens ’n baie goeie rondte gholf gespeel.

Hy het deelgeneem aan die Theewaterskloof Ope op Caledon. Hy het in die eerste nege gate sewentig houe gespeel, en in die tweede nege het hy drie-en-sewentig houe gespeel. Dit het hom die totaal van honderd-drie-en-veertig houe gegee, wat ’n voorgee van -1 is. Dit beteken hy het een hou onder baansyfer gespeel.

Neem in ag dat daar swaar reën op die dag was en dat gholf in sulke omstandighede nie die maklikste sport is om te speel nie. Baie geluk Klaas, dit is inderdaad ’n goeie resultaat!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?