Namaqua-fietsryklub se Nico Louw vaar goed

Nico Louw, ʼn lid van Namaqua-fietsryklub, het verlede naweek aan twee wedrenne deelgeneem. Op Saterdag, 27 Mei, het hy aan die Hex Valley Autumn Splendour-bergfietswedren deelgeneem. Hy het tiende geëindig met ʼn tyd van 02:18 in die roete oor 55 km. Op Sondag, 28 Mei, het Nico aan ʼn padfiets-wedren in die Windmeul/Wellington-area deelgeneem en het die wedren oor 90 km in 02:32 voltooi. Nico het ʼn gemiddelde snelheid van 53.65 km/h in hierdie strawwe weerstoestande gehandhaaf. Baie geluk Nico, mag jy nuwe hoogtes bereik!

Bron: Namaqua Fietsryklub, Facebookblad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?