Namaqua Daisy Challenge

Op Saterdag, 4 Augustus, maak fietsryers en atlete reg vir die agtste agtereenvolgende Namaqua Daisy Challenge wat by Die Keldery, geleë by die Goedgemeen-plaas op Spruitdrift net buite Vredendal plaasvind. Die byeenkoms is ’n plaaslike bergfiets-wedren en staproete wat bestaan uit kompeterende en nie-kompeterende roetes.

Volgens Reinier van Greunen, voorsitter van die Namaqua Daisy Challenge is daar baie veranderinge aan die roetes gemaak, op aanvraag van die deelnemers.

“Al die tegniese afdelings is verwyder, maar ’n paar ekstra kilo’s is bygevoeg om die expert steeds uit te daag, maar om dit vir die gemiddelde ryers steeds aangenaam te maak. Ons het ook ’n 15 km roete vir die beginners bygevoeg,” sê van Greunen.

“Die pretrit en -draf sal vanjaar aangebied word as ’n colourrun of colourride. Dus kan die res van die familie uitsien na ’n kleurvolle gebeurtenis vol pret, saam met ware Namakwaland gasvryheid en atmosfeer,” voeg van Greunen by.

Inskrywings kan gedoen word by Medkem apteek op Vredendal of aanlyn by www.daisychallenge.com. Jy kan ook vir Reinier van Greunen kontak by 027 213 3086 of 082 321 5200 of stuur ’n e-pos na daisy@namaquawines.com vir meer inligting.

Indien jy meer wil lees oor die roetes wat gebruik gaan word kan jy gerus hier klik.

Jy kan ook deur die reëls van die kompetisie hier lees.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?