Namaqua Atletiekklub presteer in marathon

Die verskeie atlete van die Namaqua Atletiekklub het op Sondag, 23 September aan die Sanlam Cape Town Marathon deelgeneem. Die groep het uitstekend gevaar en stof in die oë getrap van ander deelnemers.

Die marathon het om 06:30 afgeskop met 11 000 deelnemers agter die beginstreep. Die Namaqua Atletiekklub-atlete se resultate was as volg:

Ben Waterboer en Colin Makatees was kop-aan-kop met net ’n minuut wat hulle tye onderskei met 02:46 en 02:47 onderskeidelik. Kort op hul hakke was Jannie Tieties met 02:55. Jacques Basson het opgevolg met ’n tyd van 3:07. Eugene Barnard (03:38), Dustin-Lee Gous (03:59), Adrian Eksteen (04:12), Vuyo Wiso (04:16), Elana Senekal (04:55), Leonore Watts (05:29) en Liana Groenewald (05:42) het almal die marathon met sukses voltooi.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?