’n Moeilike naweek vir plaaslike rugbyspanne

Plaaslike rugby-ondersteuners troos steeds mekaar na die teleurstellende rugby-resultate van rugbywedstryde die afgelope naweek. Die hele land is gedompel in verdriet nadat die Bokke teen die Kiwi’s verloor het. Op meer plaaslike gronde ervaar Matzikama en Cederberg se spanne dieselfde verdriet.

Vanrhynsdorp se  Eagles het op plaaslike grond teen Saldanhabaai te staan gekom. Behalwe dat die dag se 41 grade die spelers te nagekom het, was Saldanhabaai se seelewe te veel vir die arende om te beheer. Die Eagles se vlerke is hard geknou deur Saldanhabaai se sterk swemmers en die eindtelling was 72-19 in Saldanhabaai se guns. Clanwilliam se Delicious het ook ’n moeilike tyd gehad onder die spelers van Pella. Delicious is verslaan met 38-13.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?