’n Formidabele naweek vir plaaslike rugbyspanne

Die resultate is in en niemand kan meer gelukkig wees as Matzikama se plaaslike rugbyspanne nie. Saterdag, 15 September was ’n skouspelagtige dag op die rugbyveld vir Klawer se Excelsiors en Vredendal se Invincibles wat albei hul wedstryde gewen het! Matzikama-rugbykenners is oortuig dat hierdie wenspanne die pas aangegee het vir die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks, waar die plaaslike bokke óók koning gekraai het.

Niemand kon vooraf voorspel wie met triomf van die veld af sou draf nie, maar die eer het gegaan aan Excelsiors. Hulle het op tuisgrond in ’n wedstryd vol warboel teen Citrusdal met 29-24 gewen.

Daar was dus geen twyfel onder enige Invincible-ondersteuner dat Vredendal Invincibles in die tweestryd met Lambertsbaai se Marines sou wen nie. Die span het die tuiswedstryd opgedra aan hul ontslape geliefde spanmaat Stehan Arends en was dus vol moed en ywer om eer te bring ter nagedagtenis van Arends. Invincibles klop die Marines met 43-21.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?