Matzikama-sokkeruitslae

Die Matzikama Local Football Association (MALFA) het op Saterdag, 5 Augustus, verskillende sokkerwedstryde op verskillende areas in die Matzikama-streek gespeel. Altesaam sestien sokkerklubs in die Matzikama-streek het aan die wedstryde deelgeneem.

Die uitslae van hierdie wedstryde is as volg:

  • Rangers FC klop Bitterfontein met 2-0 (wedstryd is op Stofkraal gespeel)
  • Evergreens FC klop Riverside Rangers met 2-0 (wedstryd op Lutzville gespeel )
  • Arcadian Shepherds FC klop Arrows FC met 3-1 (wedstryd op Vredendal gespeel )
  • Future Builders FC klop Vredendal FC met 2-0 (wedstryd op Vanrhynsdorp gespeel )
  • MS United FC klop Kangaroo Spurs FC met 10-1 (wedstryd op Bitterfontein gespeel )
  • Lutzville United FC klop Spurs FC met 2-0 (wedstryd op Lutzville-Wes gespeel)
  • Black Aces FC klop Young Stars FC met 8-0 (wedstryd op Lutzville gespeel)
  • Vultures FC klop Vanrhyn Spurs FC met 2-0 (wedstryd op Vredendal gespeel)

Volgens Anthony van Wyk, sekretaris van MALFA, is al sestien wedstryde in goeie sportgees gespeel en al die spanne het die wedstryde geniet.

“Die volgende wedstryde wat gespeel gaan word, sal nog bekend gemaak word,” sê Van Wyk.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?