Matzikama-sokkeruitslae

Die sokkerspanne van die Matzikama Local Football Association (MALFA) het die naweek weer kragte gemeet teen mekaar in die Matzikama-streek en omliggende areas. Die uitslae van die wedstryde is as volg:

A-span-wedstryde:
Black Aces klop MS United met 5-1
Young Stars klop Kangaroo Spurs met 3-1
Lutzville United klop Vanrhynsdorp Spurs met 2-0
Vultures FC klop Spurs FC met 2-0

B-span-wedstryde:
Evergreens klop Bitterfontein met 2-0
Rangers FC klop Riverside Rangers met 2-0
Arcadian Shepherds klop Vredendal FC met 15-4
Arrows klop Future Builders met 5-4

Volgens Anthony van Wyk, sekretaris van die Matzikama Local Football Association, is al die wedstryde van die sokkerspanne met goeie sportmanskap en goeie gees gespeel en die manne het hulself op die sokkerveld bewys.

“Die wedstryde van eerskomende naweek, die plekke waar wedstryde gespeel word en die punteleer van die spanne, sal nog bekend gemaak word,” sê van Wyk.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2020 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?