Matzikama-sokkernuus

Sokker is een van die gewildste sportsoorte in die Matzikama-streek en ons spog tans met ’n volle 16 sokkerklubs in die hele streek.

Volgens Frans Bam, voorsitter van die Matzikama Local Football Association (MALFA), moet elke klub in die Matzikama-omgewing sokkerspanne hê wat bestaan uit o.13-junior en o.17-spelers sowel as vroue-spanne.

“Ons sukkel tans om nog vroue-spanne in die Matzikama-streek te stig, omdat daar nie so baie dames is wat sokker wil speel nie,” sê Bam.

Bam voeg ook by dat daar tans vier vrouespanne is en hulle is Arrows FC van Welverdien, Lutzville United van Lutzville, Arcadian Shepherds van Lutzville en MS United van Molsvlei.

Indien daar spanne is wat wil aansluit, kan hulle skriftelike versoek rig aan Anthony van Wyk, sekretaris van die MALFA of kontak hom by 079 821 3911.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?