Matzikama-sokker

Op Saterdag, 19 Augustus en Sondag, 20 Augustus gaan die Matzikama Local Football Association se sokkerspanne weer uitdraf vir wedstryde vol aksie en verrassings.

Die volgende spanne speel Saterdag:

A-spanne:

  • Die wedstryd tussen MS United en Vultures FC-wedstryd word op Stofkraal se sportterrein gespeel.
  • Lutzville United speel teen Black Aces op Lutzville se veld.

B-spanne:

  • Arcadian Shepherds teen Rangers FC – Lutzville-sportterrein.

Sondag se wedstryde:

  • Evergreens FC teen Future Builders – Lutzville-Wes se sportterrein.

Volgens Anthony van Wyk, sekretaris van die Matzikama Local Football Association, moet alle sokkerklubs seker maak hulle reël vir ʼn skeidsregter en dat hy beskikbaar is om die wedstryd te hanteer.

“Al die beste vir alle spanne, mag julle goeie sportmanskap, dissipline en leierskap vertoon en mag julle almal sokker na groter hoogtes neem,” sê van Wyk.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?