Matzikama Hiking vier Menseregtedag in die natuur

Die Matzikama Hikingklub kan ’n waardige voorbeeld wees van wat menseregte is. Hulle plaas vryheid en veiligheid heel bo aan die lys wanneer hulle staproetes met ywer aanpak. Op Saterdag, 23 Maart 2019 het hulle ’n staproete in die Gifberge onderneem waar oud en jonk die natuurskoon vrylik en veilig geniet het.

Die klub is passievol om veral familiestaptogte aan te pak waar huisgesinne die geleentheid kry om beter bande te smee. Hulle onderneem familie-staptogte van een tot vyf dae aan. Wanneer gesinne saam stap word kan hul bietjie stil raak – veral omdat tegnologie die agterste sitplek in die natuur inneem. Die natuurskoon en klanke van die natuur help ook om weg te kom van die gejaag van die lewe.

Die klub word op 18 April een jaar oud en Christie Koch van Matzikama Hiking Klub wil graag almal wat aan die staproetes reeds deelgeneem het bedank vir hul getroue ondersteuning. Indien jy en jou gesin weer kwaliteit tyd wil deurbring kan jy Christie kontak by 076 957 4005 of volg hul Facebook blad by Matzikama Hiking Club of op Instagram @matzihiking.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?