Matzikama Hiking en Invincibles span kragte saam

Die Invincibles-rugbyklub van Vredendal het op Saterdag, 2 Februarie vir Christie Koch van Matzikama Hiking genader om ’n staproete in die Gifberg te voltooi ter voorbereiding van die seisoen se vriendskaplike wedstryde wat onlangs afgeskop het.

Matzikama Hiking, wat sedert verlede jaar uitdagende staproetes aanpak, het in ’n kort tydperk vele Matzikama-inwoners se behoefte aan die natuur, vars lug en oefening bevredig. Baie stappers keer terug vir meer, want die adrenalien en Matzikama se natuurskoon is verslawend. Geen wonder dat Invincibles die stapklub genader het om verder span- en gees te bou vir die jaar wat voorlê nie.

Die staproete was uitdagend vir die spelers en die ongenadiglike son het dinge ook nie makliker vir hulle gemaak nie, maar soos wat dit ’n wenspan betaam is die uitdagende staproete oorkom. Koch het dinge ook makliker gemaak deur die voortou te neem met sy stap- en veiligheidsorgervaring.

Invincibles se volgende wedstyd is op 9 Februarie op hul tuisgronde teen Nieuwoudtville se span. Matzikama Hiking bedank die span vir hul ondersteuning en hul kanniedood-benadering wat hulle teenoor die uitdagende roete getoon het. Indien enige ander sportklubs of belangstellendes Matzikama Hiking wil nader, kan hulle dit doen by 076 957 4005 of die klub se Facebook-blad besoek by Matzikama Hiking Club.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?