Lutzville United en Vultures FC se uitslae

Op Saterdag, 22 Julie, het Lutzville United en Vultures FC kragte gemeet op Klawer-Noord se sportterrein.

Volgens Trimaine Muller, sekretaris van Lutzville United, het Vultures FC vir Lutzville United met 2-1 geklop. Daar was baie kanse vir United om ʼn doel te skop, maar United kon net nie doel nie, want die doele wat geskop is, was links, regs en bo-oor die pale gewees.

“Aubrey Snyman het in die tweede helfte ʼn deurbraak gemaak en het die enigste doel vir United geskop, maar dit was hopeloos te laat vir United, want tyd was nie aan hul kant nie. Die een doel van United en die twee doele Vultures het in die laaste vyftien minute van die tweede helfte gekom,” sê Muller.

Muller voeg ook by dat elke span sy hoogte- en laagtepunte het, maar wat dit so lekker en interessant vir United se bestuur maak, is dat die span meestal uit onder 17’s bestaan.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?