Lutzville Redbats klop Namakwa Engineering

Die Lutzville Redbats het Namakwa Engineering se krieketspan gister (25 Januarie) op die Lutzville-sportterrein aangevat. Die wedstryd het om 18:00 begin en ongeveer 21:00 klaar gemaak.

Die muntstuk het geval in die guns van Namakwa Engineering en hulle het gekies om eerste te kolf. Ná die twintig toegelate boulbeurte was hul telling 83 vir die verlies van sewe paaltjies.

Hierna het die Lutzville Redbats op die veld uitgestap en Namakwa Engineering se telling binne twaalf boulbeurte bereik en die wedstryd met vier paaltjies gewen. Ons sê baie dankie aan die sosiale krieketliga-spelers wat elke week gereed is vir aksie, die sport in die gemeenskap aan die gang hou, vir ons goeie vermaak gee en dit elke keer in goeie gees doen.

Bron : Deon Geldenhuys, speler van die Lutzville Greenbats.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?