Lutzville Netbalklub reg om 2019 te doel

Die Lutzville Netbalklub het op 30 Januarie 2019 hul eerste oefeninge begin. Alle belangstellendes of talentvolle spelers word hartlik uitgenooi om deel te word van die klub. Indien dit deel van jou 2019 voornemens is om meer aktief te wees en ‘n aktiwiteit met jou beste maat aan te pak kan jy die netbalklub se oefeninge weekliks bywoon om Woensdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 19:30 by die Lutzville Sportgronde. Kontak Natalie by 074 409 5380 of Christelle by 062 739 6523 vir meer inligting.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?