Lutzville Gholfklub vier internasionale gholfdag

Op Saterdag, 25 Maart 2017 vier Lutzville Gholfklub die internasionale Windhoek Lager Pair gholfdag op Lutzville se gholfbaan. Die dag se verrigtinge begin om 13:00 en koste beloop R150 per persoon.

Dit is ’n internasionale toernooi wat plaaslik gehou en gespeel gaan word. Die gholfspelers gaan eers ’n proefwedstryd speel en die wenners gaan dan deurdring na die volgende rondte wat ’n nasionale toernooi gaan wees en daarna gaan hulle deurdring na die internasionale toernooi.

Alle sterkte aan al die gholfspelers wat môre gaan deelneem aan die eerste rondte. Mag julle deurdring na die nasionale en internasionale wedstryde.

Bron: Oubaas Kersop

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?