Lutzville-duiweklub in voorbereidingsfase

Die Lutzville-duiweklub is ’n omvattende federasie wat strek van Lutzville tot Clanwilliam. Altesame 35 lede is deel van die federasie. Die grootste aantal lede is afkomstig van Lutzville en hulle vergader gereeld by die klubhuis.

Tussen 700 en 800 duiwe neem aan die klub se wedvlugte deel. Die duiwe word met die federasie se bakkie vervoer tot waar die vlugte plaasvind. Elke lid van die klub kry ’n beurt om die duiwe te vervoer tot waar hulle losgelaat word.

Die klublede ding nie net in die area of teen mekaar mee nie, hulle neem ook jaarliks deel aan ’n kompetisie op Klapmuts (naby Stellenbosch), en in Dinokeng (naby Rustenburg). Die seisoen is is tans gesluit en open weer op 2 Junie, net ná die duiwe se broeitydperk.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?