Liga-bepaling vir die streek se gholfspelers

Op 11 Maart gaan daar ’n liga-bepalende gholfdag plaasvind op Lambertsbaai se gholfbaan, Xamarin. Daar gaan spanne van oral in die streek deelneem. Spanne van Lutzville, Vredendal, Lambertsbaai, Xamarin (Lambertsbaai se ander gholfklub) en Clanwilliam gaan deelneem.

Lutzville gaan twee spanne inskryf, maar die een is ’n B-liga span, so hulle punte gaan weggestuur word, en dit sal vergelyk word met die B-liga-kompetisie. Die res van die spanne speel in die A-liga. Elke span sal ses lede hê en hulle gaan op saamgestelde punte aflei wie die wenner is.

Baie sterkte aan al die spanne, ons hoop julle geniet die gholfdag en dat almal tot die beste van hul vermoëns sal meeding. Mag die beste span wen!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?