Laaste uitdaging vir 2018 kafgedraf

Na ’n uitmergelende 2018 het Matzikama-mense steeds kans gesien om een finale uitdaging aan te pak voor die jaar tot ’n einde gekom het. Die jaarlikse Fryer’s Cove Challenge was weereens ’n sukses. In totaal het 330 deelnemers, insluitend fietsryers, stappers, en drawwers, aan die dag se verrigtinge deelgeneem.

Drawwers en stappers kon 10km aflê vanaf Strandfontein na Papendorp, terwyl fietsryers 35km afgelê het vanaf Strandfontein na Papendorp en weer terug na Doringbaai. Deelnemers het ook duim vasgehou vir prettige trekkings. Die dag was gevul met son, see, sand, sweet en sukses.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?