Kolskoot prestasie vir veerpyltjie-dames

Twee talentvolle sportvroue van die Matzikama Darts Association, Vredendal, is gekies vir die Boland span wat op 16 Februarie 2019 in Mosselbaai gaan kompeteer. Elma Visagie Agenbag en Yvonne Schwartz is verantwoordelik vir hul eie reiskostes.

Die Vredendal Sportklub het Saterdag, 2 Februarie 2019, ’n vriendskaplike toernooi aangebied om fondse in te samel vir Elma en Yvonne se reiskostes na Mosselbaai. Inskrywingsfooi was R25 en het om 9:00 vm afgeskop by die Vredendal Sportklub. Nie-lede  was ook meer as welkom om in te skryf. Daar was ‘Cheese Grillers’ en aartappelskyfies te koop, asook ’n kontantkroeg.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?