Klawer-rugby weer aan die gang

Die rugbyklub van Klawer het ’n jaar en ’n half gelede begin en is nou weer sterk op die been. Daar is baie jong manne op die dorp wat nie speel nie. Enigeen wat belang stel kan by die klub aansluit.

Die rugbyklub het te laat geregistreer vir die liga maar hulle staan soms in vir rugbyspanne wat nie opdaag by sportdagwedstryde nie. Hulle is genooi vir eerskomende naweek se rugbydag op Citrusdal. Die Klawer Rooi Bulle het tans 38 spelers en hulle kan amper 2 spanne vorm. Enigiemand van Klawer of Trawal kan by die span inskryf.

Die rugbyspan oefen Dinsdae en Donderdae by die skoolveld, want die klub het ’n tyd terug afgebrand. Sterkte aan die manne van Klawer met hierdie jaar se rugbyseisoen.

Bron: Chris de Beer

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?