Invincibles warm op vir 2019

Die Invincibles Rugbyklub van Vredendal is opgewonde om voor te berei vir hul vriendskaplike wedstryde wat in die eerste deel van die jaar gaan plaasvind. Hulle gaan kragte meet teen van die sterkste rugbyklubs in en rondom die Matzikama-streek.

Hulle gaan lekker spangees opbou teen die Tigers, Nieuwoudville, Steinkopf, Trawalians, TBC, Koringberg, Belhar, Veldrift en Vredenburg, sodat hulle die Boland-liga wat op 27 April begin, sterk gaan afskop. Hulle oefensessies gebeur dus op Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 18:30 tot 20:30. Nuwe spelers is welkom om die oefensessies by te woon.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?