Invincibles verwelkom nuwe aanwins vir volgende jaar se span

Invincibles-rugbyspan van Vredendal-Noord het tot dusver ’n opspraakwekkende jaar gehad. Hulle het goed gevaar op die streekspunteleer, ’n geliefde speler aan die dood verloor en kon nog tyd kry om plaaslike leerders van Vredendal-Noord Primêr en Vergenoeg Primêr toe te spreek oor hoe belangrik dit is om respek te toon teenoor jou medemens en onderwysers.

Nou het hulle ’n nuwe toevoeging tot die span gekry. Ambrose “Kuite” Stewe is die span se nuwe stut vir volgende jaar. Hy is ’n oud-speler van Vredendal Sekondêr en was ’n belowende sportman gedurende sy skoolopleiding. Ondersteuners en spanmaats staan vierkantig agter Stewe want hulle weet dat hy ‘onoorwinlik’ sal inpas by die Invincibles-rugbyspan.

Op die foto is Ambrose Stewe (links) en Bongani Willie (regs).

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?