Invincible RVK se spanlys

Op Saterdag, 19 Augustus, gaan daar groot opgewondenheid heers by die Vredendal-Noord-sportterrein wanneer Invincible RVK en Vanrhynsdorp Eagles kragte gaan meet. Die wedstryde vind op Jive Park in Vredendal-Noord plaas en gaan beslis die moeite werd wees om by te woon.

Die volgende spelers van Invincible RVK is gekies om die klub te verteenwoordig:

A-span:
Cervin Job (15), Colin Engelbrecht (14), Quinville Maasdorp (13), Werner Syster (12), Jerigo Thomas (11), Ashwin Oordman (10), JP Nortje (9), Bongani Willie (8, k), Garth Dirks (7), Elvin Waterboer (6), Dillan van Zyl (5), Pieter Kruger (4), Dimitri Isaks (3), Dimitri Horne (2), Jan Steyn (1)

A-span plaasvervangers:
Francois Beukes (16), Gerrit Joseph (17), Clinton Kestoor (18), Clinton Isaacs (19), Gersy Maerman (20), Ashley Isaacs (21), Sandonn Hahn (22).

B-span:
Mashelino Adams (15), Riaan Hough (14), Wilando Links (13), Cameron Cloete (12), Patrick Rayter (11 – o/k), Allistair Engelbrecht (10), Jason Flink (9), Ricardo Farmer (8, k), Ettienne Moolman (7), Anwer Cloete (6), Junaid Dirks (5), Ethan Petersen (4), Ricardo Cloete (3), Heinz Schmidt (2), Riegaurd Snell (1).

B-span plaasvervangers:
JC Lategan (16), Andrew Phillips (17), Keith Joseph (18), Harold Ruiter (19), Dylan Julies (20), Lionel Jossop (21), Herschelle Kamfer (22).

Volgens Hilton Skippers, afrigter van Invincible RVK, is Saterdag se wedstryde uiters belangrik, want die manne moet aanspraak maak op die tweede plek van die Boland Noord-Weste gemeenskapskild se puntelys.

“Sou ons verloor dan is dit neusie verby vir ons en kan Vanrhynsdorp Eagles tweede eindig op die puntelys,” sê Skippers en voeg by dat die week se voorbereiding goed was en so ook die Eagles s’n. Volgens hom gaan dit verseker ʼn volgepakte sportterrein wees.

“Die spanne wat die minste foute maak kan beslis hierdie een wen en ek het volle vertroue in my spanne en weet dat hulle alles gaan insit om hierdie een te wen. Ek glo ook in my spelers en weet hulle kan die Vredendal-gemeenskap trots maak,” sê Skippers.

Skippers voeg ook by dat die gees op die sportterrein lekker gaan wees, want Vanrhynsdorp Eagles was sy laaste klub waar hy rugby gespeel het en ook afgerig het, voor hy by Swartes aangesluit het.

“Mag die beste spanne wen en mag julle goeie sportmanskap op die rugbyveld vertoon,” sê Skippers.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?