Invincible RVK se rugby-uitslae

Die manne in wit en swart van Invincible RVK het op Saterdag, 29 Julie, na Citrusdal gereis waar hulle kragte gemeet het teen Citrusdal-rugbyklub op hul tuisbodem. Beide spanne van Invincible RVK het hierdie wedstryde gewen.

Invincible RVK se A-span het Citrusdal-rugbyklub met 23-19 geklop. Die puntemakers van Invincible was as volg: Drieë: Quinville Maasdorp en Dillan van Zyl. Strafskoppe is oorgesit deur Cervin Job en Ashley Isaacs.

Die B-span van Invincible het Citrusdal met ʼn goeie telling van 24-8 geklop. Drieë: Jason Flink en Mashelino Adams. Cameron Cloete en Allistair Engelbrecht het gesorg vir die stelskoppe wat oorgesit is.

Volgens Hilton Skippers, afrigter van Invincible RVK, het die manne nie verniet na Citrusdal gereis nie en albei wedstryde was in goeie gees gespeel.

“Die manne berei ook vandeesweek voor om Cederberg Leopards Saterdag op Invincible se tuisbodem aan te vat,” sê Skippers.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?