Invincible RVK en Young Lions meet kragte

Invincible RVK, een van die gewildste rugbyspanne in die Matzikama-streek, hou Vrydagaand, 9 Junie weer vriendskaplike wedstryde. Die manne in swart en wit gaan kragte meet teen die Young Lions van Nieuwoudtville.

 

Die wedstryde gaan op Invincible RVK se sportterein op Vredendal-Noord plaasvind. Die B-span skop om 19:00 af en die A-span om 20:30. Die toegangsfooie beloop R5 vir kinders, R10 vir volwassenes en R10 vir voertuie. Hierdie wedstryde is goed vir die spanne, want dit hou hulle fiks en berei hulle voor vir die tweede rondte van die rugbyliga.

 

Gaan maak vanaand ʼn draai en geniet die wedstryde saam met jou familie en vriende en ondersteun jou gunsteling rugbyspanne.

 

Bron: Hilton Skippers, Invincible RVK-afrigter

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?