Invincible RFC is weer tops

Op Saterdag, 29 April, het die manne van Invincible RFC kragte gemeet teen die manne van Citrusdal-rugbyklub op Vredendal-Noord se sportterrein en die manne in swart en wit het weer eens gewys hoe daar rugby gespeel word.

 

Die tellings van die wedstryde is as volg: Invincible RFC se A-span het Citrusdal-rugbyklub met 44-17 geklop. Die puntemakers vir die A-span: drieë is gedruk deur Folau, Garth, Loffies, Diggie, Mr Cool en Jos. Stelskoppe is oorgesit deur Cervin Job en Ashwin Oordman. Die speler van die wedstryd vir die A-span is Ashwin Oordman.

 

Die B-span van Invincble RFC het Citrusdal met 19-3 geklop. Drieë: Houghy, Bekkies en Willempie. Die stelskoppe is oorgesit deur Allistair. Die B-span se speler van die wedstryd is Ricardo Cloete.

 

Baie geluk aan beide spanne van Invincible RFC met die wedstryde wat julle gewen het en baie dankie aan Citrusdal-rugbyklub vir die opkoms en goeie sportgees waarmee julle gespeel het.
Bron: Hilton Skippers, Invincible RFC-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?