Invincible RFC reis na Nieuwoudtville

Op Saterdag, 17 Junie, gaan die manne van Invincible RFC na Nieuwoudtville reis om kragte te meet teen Young Lions van Nieuwoudtville. Die wedstryde gaan op Nieuwoudtville Proteapark se sportterrein plaasvind en die wedstryde se tye is as volg: die B-span skop om 13:30 af en die A-span begin om 15:00. Die wedstryde berei ook die rugbyspanne voor vir die tweede rondte van die rugbyliga wat amptelik op Saterdag, 24 Junie, sal begin. Sterkte aan die spanne, mag julle julself op die veld geniet en mag die beste spanne hierdie wedstryde wen.

 

Bron: Invincible RFC, Facebookblad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?