Invincible RFC is onoorwonne

Op Saterdag, 13 Mei, het die manne van Invincible RFC gasheer gespeel Attackers van Graafwater. Die wedstryde het plaasgevind op Invincible RFC se sportterein (Jive Park) op Vredendal-Noord.

 

Invincible RFC het weer eens bewys wat in hulle steek en hoe daar rugby gespeel moet word. Beide spanne het hierdie wedstryde gewen. Die tellings is as volg: Die A-span van Invincible RFC klop Attackers met 47-24. Die puntemakers wat dit moontlik gemaak het is as volg: Drieë: Dimitri Isaks (Meaty), Colin Engelbrecht (Folau), Garth Dirks (Gattas) en Jerigo Thomas (Oom Jer). Stelskoppe is oorgesit deur Ashwin Oordman (Koki) (5) en Ashley Isaacs (Ash) (1). Die speler van die wedstryd vir die A-span was Ufendale Pienaar (Uffies).

 

Invincible RFC se B-span klop Attackers met 8-3. Die B-span se puntemakers: Drieë: Pedro Boois. Allistair Engelbrecht het een strafskop oorgesit. Chandrew Steenkamp was die B-span se speler van die wedstryd. Beide spanne van Invincible RFC is ook tans eerste op die Boland Noordweste streek se gemeenskapskild.

 

Baie geluk aan die manne in die swart en wit. Mag julle met elke wedstryd wat julle speel net verbeter en aanhou om met goeie sportgees op die rugbyveld uit te draf.
Bron: Hilton Skippers, Invincible RFC-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?