Houespel op Vredendal-gholfbaan

Eerskomende Saterdag is daar ’n houespel-gholfdag op die Vredendal-gholfbaan. Alle klublede is genooi om aan die dag deel te neem. Geen fooie is betrokke nie omdat dit reeds ingesluit is by lede se maandelikse klubgeld. Die dag word deur Namakwa-Wyne geborg.

Die kompetisie vind in die vorm van ’n houespel plaas en die spelers gaan ’n rondte van agttien gate speel. Dit is ’n individuele kompetisie, so pryse gaan aan spelers gegee word wat in die eerste, tweede en derde plek eindig, en nie aan spanne van twee of drie nie. Ons wens elke speler wat gaan deel neem, baie sterkte toe. Mag die beste speler wen!

Bron: Vlam Taljaard

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?