Hou datum oop vir ORAK se wedloop

Die ORAK-wedloop word vir Saterdag, 29 Junie 2019, by die Vredendal-Suid-sportgronde, beplan. Dit sal om 06:00 begin en om 18:00 eindig. Daarna sal die prysuitdeling in die Sportsaal plaasvind. Dié wedloop sal om ’n 1 km baan plaasvind – rondom die rugbyveld en krieketveld..

Hou asseblief hierdie datum vir ORAK beskikbaar. Daar word versoek dat geen ander ander wedstryde of besprekings vir dié dag gereël sal word nie. Die wedloop is reeds landwyd op wedloopkalenders adverteer en is ’n geregistreerde wedloop by Atletiek Suid-Afrika. Dit is ook die enigste wedloop van sy soort in die Wes-Kaap. Die wedloop het die afgelope 9 jaar so gewild geword dat daar ’n beperking op die aantal inskrywings geplaas moet word en slegs 200 deelnemers word nou toegelaat.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2020 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?