Excelsiors speel gasheer vir Marines

Eerskomende Saterdag, 8 Julie, gaan die manne in groen en goud van Excelsiors-rugbyklub gasheer speel vir die Marines van Lambertsbaai.

 

Hierdie wedstryde sal plaasvind op Klawer-Noord se sportterrein of Afghanistan, soos dit vir die Excelsiors-ondersteuners bekend staan. Die B-span se wedstryd sal om 14:45 afskop en die A-span begin om 16:00. Die toegangsfooie beloop R5 vir kinders, R10 vir volwassenes en R10 vir voertuie. Jy kan Saterdag weer jou gunsteling spanne op die rugbyveld sien uitdraf, so maak seker jy woon die wedstryde by.

 

Sterkte aan die spanne van Excelsiors en Marines met Saterdag se wedstryde, mag julle dit geniet en natuurlik met goeie sportgees speel.

 

Bron: Donovan Balata, Excelsiors-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?