Excelsiors-rugbyklub wen Saterdag se wedstryde

Op Saterdag, 29 April, het die manne in groen en goud van Excelsiors-rugbyklub gasheer gespeel vir Elandsbaai se rugbyspanne. Hierdie wedstryde het plaasgevind op Klawer-Noord se sportterrein.

 

Die wedstryde se tellings is as volg: Excelsiors rugbyklub se A-span het Elandsbaai met 27-15 geklop. Die puntemakers vir die A-span is: Drieë: Jeason Maerman (1) Marius Maarman (2), Brendon Erasmus (1). Melvin Boks het twee stelskoppe oorgesit en Dareen Korner het een strafskop oorgesit.

 

Die B-span van Excelsiors klop Elandsbaai met 18-3. B-span puntemakers: Drieë: Ambrose Stewe (1), Dillon Blankenberg (1) en Gregory Filand (1). Filand het ook een strafskop oorgesit.

 

Baie geluk aan die manne van Excelsiors-rugbyklub met die goeie spel en met hierdie oorwinning. Julle het rede om trots te wees op julself. Baie dankie ook aan die manne van Elandsbaai-rugbyklub vir julle teenwoordigheid en dat julle met goeie sportgees gespeel het.
Bron: Donovan Balata, afrigter van Excelsiors-rugbyklub

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?