Excelsiors-rugbyklub meet kragte teen Young Spurs

Die manne in groen en goud van Excelsiors-rugbyklub gaan eerskomende Saterdag, 15 Julie, na Doringbaai reis om kragte te meet teen Young Spurs op Doringbaai se sportterrein.

Die wedstryde se tye is as volg: Die B-span se wedstryd sal om 14:45 afskop en die A-span sal om 16:00 op die veld draf. Die toegangsfooi beloop R5 vir kinders, R10 vir volwassenes en R10 vir voertuie.

Volgens Donovan Balata, afrigter van Excelsiors-rugbyklub, sal daar Saterdag ’n bus om 12:30 van Check In op Klawer vertrek. Alle spelers, bestuur en ondersteuners moet asseblief vroegtydig by die opklimpunt wees.

Excelsiors-rugbyklub se A-span is volgens Balata vyfde of die Boland Noord-Weste gemeenskapskild met 30 punte en die B-span is vierde op die gemeenskapskild met 36 punte.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?