Erhard Lambrechts van Lutzville-gholfklub doen wonderlik in Sanlam ope

Erhard Lambrechts van Lutzville-gholfklub het van 14 – 16 Februarie aan die Sanlam Cape Province Open-kampioenskap deelgeneem en het goed gevaar:

1. Ná 36 putjies was sy telling 4 bokant baansyfer.
2. Slegs drie Boland-spelers het deurgedring, waarvan hy een was.
3. Hy was +8 met die begin van die laaste 18 putjies en het 37 (+2) en 34 (-3) vir 71 (-1) aangeteken.

Hy het op +7 in die 45ste plek geëindig. Welgedaan Erhard en sterkte in die toekoms.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?