Erhard kwalifiseer vir SA houespel-gholf

Erhard Lambrechts, oud-leerder van Hoërskool Lutzville, het onlangs gekwalifiseer vir die SA houespel-proewedag op die Kingswood Gholf Estate naby George.

 

Erhard het gister ’n kompetisie op Wellington gewen en verlede naweek derde gekom by die Worcester ope-toernooi wat hom kwalifiseer om aan die SA’s deel te neem.

 

Hy slaan op 7 Februarie af om 07:10. Ons almal is ontsettend trots op jou, jy hou jou dorp en die hele Matzikama se naam hoog. Ons almal by MyMatzikama wens jou baie sterkte toe!
Bron : Erhard en Marietjie Lambrechts

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?