Erhard beïndruk almal weer eens met sy uitstekende talent

Erhard Lambrechts het onlangs aan die Sanlam SA-kampioenskap vir amateurs deelgeneem. Hy het in die eerste agttien gate een-en-vyftigste gekom en só gekwalifiseer vir die volgende rondte.

In die tweede rondte was die formaat van die spel “matchplay”, en in hierdie rondte het Erhard sewentiende gekom – wat ’n fantastiese resultaat is. Daar was spelers van regoor die wêreld wat aan die kompetisie deelgeneem het. Daar was vyf-en-sestig spelers betrokke, so dit is regtig uitstekend om ’n sewentiende plek te behaal.

Baie geluk Erhard! Ons is baie trots op jou, en sterkte met jou pad vorentoe. Jy het inderdaad baie talent en hope potensiaal as ’n gholfspeler.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2020 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?