Eagles weer bo!

Op Saterdag, 25 Maart, het die Eagles Vanrhynsdorp en Excelsiors van Klawer mekaar in drie rugbywedstryde aangevat. Die toernooi is op Vanrhynsdorp se Jan Opperman-park gespeel.

Die groot groep toeskouers was oorgehaal vir ’n interessante middag. Die wedstryd van die B-spanne het om drie-uur begin en die Eagles het dié wedstryd met ’n telling van 11-8 gewen, maar die A-span van die Eagles het die toernooi loshande gewen met ’n telling van 13-0. Albei spanne het goed gespeel en hulle alles gegee, maar dit was die Eagles wat uiteindelik die oorhand gehad het.

Die toeskouers was trots op die manne wat hulle weer eens bewys het. Ons kan nie wag vir die volgende wedstryde nie.

Bron: Vanrhynsdorp Eagles

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?