Eagles vlieg hoog met drie ligabekers

Vanrhynsdorp Eagles Rugbyklub se drie spanne – A, B en C – het die Noordweste Groot-uitdaagligabekers verower. Hulle het dus gekwalifiseer vir die Boland Top 12-uitspeelronde.

Die C-span het vanjaar vir die eerste keer amptelik deelgeneem aan ’n ligakompetisie en vir almal gewys wat in hulle steek. Die span het slegs een wedstryd uit veertien verloor en triomfeer as die kampioene. Die bestuur skryf die Eagles se sukses toe aan die spelers se dissipline, lojaliteit en samewerking regdeur die seisoen. Hulle is trots op die span wat as ’n hegte eenheid vir oorwinning gespeel het en gevolglik die gemeenskap baie trots gemaak het. Die bestuur bedank ook elke ondersteuner wat die Eagles aangespoor het in elke wedstryd.

Die A-span gaan nou in die Top 12 teen die beste spanne in die Boland speel. Die ervaring gee hulle die leersame ervaring om hul rugby te meet. Eagles en Clanwilliam se Delicious gaan saam die Noordweste rugby-gemeenskap verteenwoordig.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?