Eagles en Trawalians meet kragte in vriendskaplike wedstryde

Die 2019-rugbyseisoen is goed op dreef en blaas getroue ondersteuners se opgewondenheid vir die jaar se wedstryde aan. Hierdie opgewondenheid was ooglopend toe die Vanrhynsdorp Eagles en Trawalians op Saterdag, 2 Februarie, mekaar gepak het op Eagle Park op Vanrhynsdorp.

Die A- en B-spanne van die twee onderskeie klubs het koppe gestamp om as die dag se algehele wenners weg te stap. Die mededinging tussen die twee spanne was uiters sterk en die resultate is bewyse van die spanne se ambisies vir die jaar. Die A-spanne het ’n strawwe tyd op die veld gehad met ’n eindtelling van 27-19 in die Eagles se guns. Die Trawalians se B-span het weer op hulle beurt die Eagles se vere gepluk met ’n telling van 13-5 in Trawal se guns.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?