Clanwilliam se rugbyspan is Delicious!

Op Saterdag 21 Julie het Clanwilliam se Delicious Rugbyspan na Klawer gereis om kragte te meet teen Klawer se Excelsiors. Die besoek het vir groot opgewondenheid gesorg.

Excelsiors se derde span het meeste van die wedstryd oorrompel. Hulle het baie fases opgesit en van hul groot voorspelers gebruik om die manne bietjie sag te maak. Dit was ’n lang en swaar dag vir Delicious en Excelsiors het die wedstryd met 24-5 gewen.

Delicious se tweede span het gewys dat hulle gekom het om te wen. Albei spanne het hart ingegeklim. Delicious het die eerste helfte oordonder. Die sterk wind het ook nie in Excelsiors se guns getel nie. Delicious het die wedstryd met 15-10 gewen.

Die eerstespan-wedstryd was baie hard gewees. Delicious het in die eerste helfte vir Excelsiors ore aangesit. Die spelers wat in die eerste helfte drieë gedruk het, is Duran Steenkamp en Jaco Ockhuis. Jacean Klaase het geslaag in een van die drie doelskoppe. By halftyd het Delicious voorgeloop met 17-6, waarby Excelsiors ná rustyd ’n beter strategie benader het. Die res van die wedstryd het baie spanning opgelewer. Excelsiors kry ’n strafskop in die laaste minuut en skop die bal deur die pale. Hulle het die wedstryd met 26-24 gewen.

Op Saterdag, 28 Julie, speel Delicious RVK tuis op Zeekoeivlei Plaas teen Citrusdal RVK.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?