Angelo Keffers se blink gholf prestasies

Die dertienjarige Angelo Keffers, lid van die Lutzville-gholfklub, beklee tans die nommer een posisie op die Boland-golfunie se ranglys vir o.15-spelers. Hy het ook onlangs sy nommer een posisie verstewig deur sy deelname aan die Malmesbury Ope, ’n senior toernooi, met uitstekende tellings van 72 en 79 oor 36 putjies en ’n algehele 15de plek.

In Januarie vanjaar het hy aan die SA o.15-gholftoernooi in Limpopo deelgeneem en 34ste geëindig uit ’n totaal van 64 junior gholfspelers regoor die land. Hy is deur die Suid-Afrikaanse gholfontwikkelingsraad gekies om van 3 tot 5 April aan die SA Gowrie-uitdaging vir o.15-spelers in KwaZulu-Natal deel te neem. Geluk met hierdie besonderse prestasie en alle voorspoed vir die toernooi.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?