Spirit Life Embassy-veldtog

Van Woensdag, 26 Julie tot Vrydag, 28 Julie, gaan die Spirit Life Embassy se lede ’n veldtog in die gemeenskapsaal om 19:00 op Koekenaap hou.

Volgens Profetes Megan Gailen Januarie, mede-stigter van Spirit Life Embassy beloof dit om ʼn lewensveranderende gebeurtenis te wees.

“Ons sal ook individuele gebedsessies met persone hê, en by dié geleentheid kan persone gevalle met ons deel waaroor daar vir hulle gebid sal word en raad en leiding gegee word,” sê Januarie.

Januarie voeg ook by dat die belangrikste van die veldtog is dat mense hierdie geleentheid bywoon. Die gemeenskap van Koekenaap kan hul families, vriende en enigeen saamnooi om die geleentheid by te woon.

“Ons het ʼn boodskap wat die gemeenskap moet bereik en deur middel van die woord van die Here gepreek moet word,” sê Januarie

Persone wat in individuele gebedsessies met profeet Xavier Januarie en profetes Megan Januarie belang stel, kan hulle kontak by 064 142 9080 om ’n afspraak te maak.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?