Sosiale krieketspanne het gisteraand gewoel op die veld

Gisteraand het die manne van die sosiale krieketliga om 18:00 begin en sommer ordentlike vermaak verskaf aan die toeskouers wat opgedaag het vir die wedstryde. Daar is twee wedstryde gespeel, een op Lutzville se sportterrein en die ander op Vredendal.

Die uitslae is as volg :
Giants van Vredendal vs Vanrhynsdorp
99-9 114-8
Vanrhynsdorp wen met 15 lopies.

Lutzville Greenbats vs Matzikama Munisipalieit
73-6 70-6
Lutzville Greenbats wen met 4 paaltjies.

Die sosiale liga speel elke Dinsdag en Woensdag wedstryde. Kom ondersteun die manne en geniet ’n aand van lekker krieket en saamkuier. Die spanne sal jul ondersteuning net so baie waardeer soos wat ons hulle deelname waardeer.

Foto: Die Lutzville Greenbats ná hul oorwinning teenoor Matzikama-munisipaliteit.

Bron: Gerhard Kotze, speler van die Vredendal Giants.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?