Sokkertoernooi-uitslae

Die naweek het daar 8 sokkerspanne deelgeneem aan die toernooi wat gereël is deur die Koekenaap Rangers FC. Die spanne wat deelgeneem het, was spanne van die Matzikama Local Football Association (MALFA) en wedstryde het op die Lutzville-sportterrein plaasgevind.

Volgens Corneels Pieters, bestuurslid van Koekenaap Rangers FC, is die wedstryde op Sondag, 24 September gespeel en die semi-finaal en finaal op Maandag, 25 September.

Die volgende spanne het in die semi-finale wedstryde gespeel:

  1. Black Aces FC
  2. Lutzville United
  3. Vredendal FC
  4. Rangers FC

Die uitslae van die semi-finale is as volg:

  • Rangers FC en Vredendal FC het die eerste semi-finaal gespeel met Rangers FC wat die wedstryd 3 – 1 gewen het.
  • Black Aces en Lutzville United het in die tweede semi finaal gespeel, met Black Aces wat die wedstryd 5 – 3 gewen het.
  • Rangers FC en Black Aces het die finaal gespeel wat goeie sokker opgelewer het.
  • Rangers FC het die finaal met 6 – 3 gewen.

“Die toernooi het baie goed afgeloop en die wedstryde was in goeie gees gespeel en die bestuur en lede van Koekenaap Rangers FC bedank ook alle klubs vir hul deelname en ook almal wat die toernooi ondersteun het,” sê Pieters.

Pieters voeg ook by dat Rangers op Vrydag, 29 September ʼn disko-dans aanbied met DJ Bigy Beatz wat die musiek sal verskaf. Die dans sal om 19:30 afskop in die gemeenskapsaal op Koekenaap en toegang beloop R30 per persoon.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?