Sokkertoernooi op Vanrhynsdorp

Met Erfenisdag eerskomende naweek gaan daar op Maandag, 25 September ʼn sokkertoernooi op Vanrhynsdorp se sportterrein plaasvind. Die naam van die toernooi is Project Kids of the Street.

Volgens Denvan Bocks, lid van die Vanrhynsdorp tennisklub, is dit ʼn ses-aan-’n-kant straatsokker-toernooi wat deur homself en Dennis Booysen geloods word.

“Die toernooi is ʼn jaarlikse instelling wat op Vanrhynsdorp gehou word en die doel van die toernooi is om die kinders van die strate af te kry en hulle in ʼn veilige omgewing te laat speel. Te veel kinders wat in strate speel, word raakgery. Dit is ook ’n gulde geleentheid om hul talente na vore kan bring,” sê Bocks

Bocks voeg by dat dit een toernooi per kwartaal elke jaar is, waarvan daar ʼn wisseltrofee is wat by elke toernooi gewen word deur die wen span en in die vierde kwartaal sal die wen span die trofee huis toe neem en di permanent hou. Die wissel trofee was geborg deur Vanrhynsdorp Tafeltennis-klub.

Vir meer inligting, kontak Denvan Bocks by 084 906 5387.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?