Sokkertoernooi op Lutzville

Die Koekenaap Rangers-sokkerspan bied eerskomende naweek ʼn opwindende sokkertoernooi op Lutzville se sportterrein aan. Die wedstryde sal op Sondag, 24 September en Maandag, 25 September plaasvind.

Volgens Corneels Pieters, bestuurslid van die Koekenaap Rangers-sokkerklub, is daar agt spanne wat aan die toernooi gaan deelneem.

“Dit beloof om ʼn lekker sokkernaweek te wees waar goeie wedstryde verwag word en ons nooi almal in die Lutzville-omgewing en omliggende areas om die wedstryde by te woon,” sê Pieters.

Pieters voeg ook by dat die hekke Sondag en Maandag om 08:00 sal open en dat die eerste wedstryd om 09:30 begin. Daar sal ook toegangsfooie wees en dit beloop R5 vir kinders, R10 vir volwassenes en R10 vir voertuie en daar sal ook lekkernye te koop wees.

Vir enige navrae oor die toernooi, kontak Willem Owies (sokkertoernooi-direkteur) by 027 217 1594 of 083 610 0651.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?